2008/06/22

1943 : Junie 22 Geskiedenis Spoor Vandag: Buro vir Taal- en Volkskundige Navorsing


Stigting van die Genootskap vir Afrikaanse Volkskunde
22 Junie 1943

Hoofsaaklik onder aansporing en leiding van dr. Abel Coetzee as Direkteur van die Buro vir Taal- en Volkskundige Navorsing, Universiteit van die Witwatersrand, het ‘n groep geesdriftiges in Johannesburg byeengekom om die Genootskap vir Afrikaanse Volkskunde te stig. Die Genootskap se strewe is die algehele bevordering van kennis aangaande die Afrikaanse volkseie. Dit geskied deur die insameling van gegewens insake die oorgelewerde geestesgoedere en die stoflike kultuurbesit van ons volk, en ook navorsing op die gebied van die Afrikaanse volkskultuur. Die eerste uitgawe van die Genootskap se kwartaalblad, die Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal, word 1944 gedruk, en hierdie blad verskyn nog gereeld. Die tydskrif is enig in sy soort in ons land, en die inhoud daarvan bly steeds ‘n weerspieëling van die Genootskap se werksaamhede en strewe. Aka fak W.J.G.L

No comments: