2008/06/01

1931 : Junie 1 Geskiedenis Spoor Vandag: Volk opgeroep tot deelname aan Kultuurdag


Suid-Afrika vier Kultuurdag
1 Junie 1930


Nasionale feesdae is geleenthede wanneer die Suid-Afrikaanse volk by herhaling besondere gebeurtenisse in sy verlede herdenk. Die waarde van sulke geleenthede lê daarin opgesluit dat dit hernieude nasietrots en nasiebewustheid laat ontbrand. As volks organisasie is dit dus vanselfsprekend dat die FAK ‘n indringende rol in hierdie verband speel. Die geesdrif wat die Eerste Taal- en Kultuur kongres op 18 en 19 Desember 1929 in Bloemfontein gekenmerk het, het die eerste ampsdraers van die FAK daarvan oortuig om die besieling wat daarvan uitgegaan het, aan die volk oor te dra. Die behoefte was dat elke Afrikaner op praktiese wyse die geleentheid gegun moet word om aktief aan die kultuurstryd deel te neem en sy geringe bydrae te lewer tot die vestiging van Afrikanertrots. Die Uitvoerende Komitee van die FAK het onderneem om praktiese uitvoering aan hierdie ideaal te gee. By monde van die FAK-voorsitter, dr. N.J. van der Merwe, is in ‘n landwye radiorede die volk opgeroep om deel te neem aan die viering van Kultuurdag op 1 Junie 1931. Geesdriftig is aan hierdie versoek gehoor gegee, en in groot getalle het die Afrikanervolk op hierdie dag deelgeneem aan die feesvieringe en opnuut besieling daaruit geput. Prof. dr. O. Geyser

No comments: