2008/06/13

1899 : Junie 13 Geskiedenis Spoor Vandag: Moedertaal onderrig


Dr. W.W. M. Eiselen gebore
13 Junie 1899


Werner Willi Max Eiselen is op Bothsabêlo in die Oos-Transvaal gebore as seun van ‘n Duitse sendeling gesin. Hy en sy vrou (ook van Duitse afkoms) het hulle volledig met die Afrikanervolk vereenselwig. Hy word onthou as die hoogstaande akademikus (tien jaar professor in Volkekunde aan die Universiteit van Stellenbosch en later ook twee jaar aan die Universiteit van Pretoria) aan wie dit ook beskore was om sy denke oor rasse- en volke verhoudinge self in die praktyk toe te pas (as hoof van swart onderwys in Transvaal 1936 tot 1947 en Sekretaris van Bantoe-administrasie en-Ontwikkeling 1949 tot 1960). As akademikus het hy sedert 1929 oor die rassevraagstuk geskrywe en die begrip apartheid in talle toesprake en geskrifte tot ‘n moreel gefundeerde landsbeleid uitgebou: ‘n beleid wat vir alle volke in Suid-Afrika kan geld, wat vooruitgang binne volksverband vooropstel en wat selfstandigheid, gelykheid en geregtigheid vir almal sou waarborg. Vanuit hierdie gesigspunt was hy ook ‘n oortuigde mede-oprigter van Sabra in 1948 as ‘n liggaam wat rasseverhoudinge wetenskaplik moet bestudeer en voorligting en inligting daaroor verskaf. As praktiese onderwysman, word hy onthou vir sy aandeel in die instelling van moedertaalonderrig in swart skole (teen die kwaaiste weerstand in) en van nasionale onderwys vir die swart volke. In sy termyn as Sekretaris van Bantoe-administrasie en –ontwikkeling is die werklikhede van Suid-Afrika ingrypend verander: die stelsel van selfbestuur is uitgebou tot waar onafhanklikheid vir Transkei in 1959 ‘n saak van praktiese politiek geword het, en tot waar hy self in 1960 as een van die eerste Kommissarisse-Generaal van ‘n selfregerende volk aangestel kon word. Dr. Eiselen word as ‘n verbeeldingryke argitek en ‘n groot boumeester van afsonderlike ontwikkeling gehuldig. Hy is op 12 Junie 1977 in Tzaneen oorlede. aka fak C.J.J

No comments: