2008/06/20

1885 : Junie 20 Geskiedenis Spoor Vandag: Bybel in Afrikaans


Prof. B.B. Keet gebore
20 Junie 1885


Barend Bartholomeus Keet is op Alice, Kaap, gebore. Hy het in dogmatiek aan die Vrye Universiteit van Amsterdam gepromoveer. As student op Stellenbosch het hy hom saam met dr. Tobie Müller beywer vir Afrikaans. Van 1916 tot 1919 was hy predikant op Graaff-Reinet. In die Sinode van die Kaapse kerk in 1919 word sy voorstel aanvaar dat die Bybel in Afrikaans vertaal moet word, en dat leraars Afrikaans op die kansels mag gebruik. Vanaf 1919 het hy professor aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch geword, waar hy aangebly het tot sy aftrede. Hy was ook baie jare lid van die Raad van die Universiteit van Stellenbosch, waar hy aangebly het tot sy aftrede. Hy is aangewys as een van die vyf eindvertalers van die Bybel in Afrikaans. Hier het hy belangrike werk verrig op die Ou en Nuwe Testament. Nadat die Afrikaanse Bybel in 1933 verskyn het, is hy en Totius (prof. dr. J.D. du Toit) aangewys om revisie van die vertaling te doen. Hierdie revisie het in 1953 verskyn. Op die gebied van die Afrikaanse teologiese literatuur het hy baanbrekerswerk verrig. In 1945 publiseer hy bv. Die eerste teologiese etiek in Afrikaans, nl. Sedelike vraagstukke. Prof. Keet is op 21 Junie 1974 op Stellenbosch oorlede. aka fak F.C.F

2 comments:

Muriel said...

ek lees lekker hier!

RoosMaryn said...

Hallo Muriel. Voel welkom om gereeld te lees.