2008/06/02

1879 : Junie 2 Geskiedenis Spoor Vandag: Berlynse Genootskap


J.L. Döhne oorlede
2 Junie 1879


Jacob Ludwig Döhne, ‘n sendeling van die Berlynse Genootskap wat op 9 November 1811 in Zierenberg, Duitsland gebore is, het onder die Kôsas van die Ciskei en later onder die Zoeloes in Natal gewerk en is veral bekend vanweë sy grondige studie van die tale van die mense onder wie hy gewerk het en weens sy bediening van die herderlose Voortrekker gemeente in Pietermaritzburg van 1847 tot 1850 as opvolger van die gewilde Daniël Lindley. Hy verlaat hulle omdat hy as Lutheraan hom nie met die Boere se Calvinisme kan vereenselwig nie. Hy stig daarna ‘n sendingstasie, Tafelberg, in Zoeloeland, vertaal die Nuwe Testament in Zoeloe, skryf die baie interessante Kafferland en sy bewoners (in Duits, 1843). Sy belangrikste bydrae is egter sy Zulu-Kafir Dictionary (Kaapstad, 1859), wat jare lank as standaardwerk beskou is. aka fak H.C.H

No comments: