2008/06/13

1705 : Junie 13 Geskiedenis Spoor Vandag: Kultuur Juweel


Adam Tas se Dagboek
13 Junie 1705

Die bestaande afskrif van ‘n fragment van Adam Tas se Dagboek dagteken van 13 Junie 1705 af, maar die oorspronklike Dagboek, wat al verlore gegaan het of vernietig is, het verder teruggegaan. Met die inhegtenisneming van Adam Tas in die nag van 27/28 Februarie 1705 is sy skryfkabinet tesame met die Dagboek en ander korrespondensie na Kaapstad geneem. Goewerneur Willem van der Stel het afskrifte laat maak van die deel wat die tydperk 13 Junie 1705 tot 27 Februarie 1706 dek, omdat hy gemeen het dat die deel veral inkriminerend teenoor Tas sou wees. Gelukkig dat hierdie fragment behoue gebly het, want dit is werklikwaar ‘n kultuur juweel. Dit is ‘n kostelike beskrywing van Stellenbosch en die Stellenbossers in die begin van die agtiende eeu. Reeds in 1914 het die historikus Leo Fouche die Dagboek as uitgawe van die Van Riebeeck-Vereniging uitgegee. In 1970 is dit herdruk. Adam Tas het in 1697 as jong man na die Kaap gekom. Op 7 Junie 1703 het hy in die huwelik getree met Elizabeth van Brakel, die ryk weduwee van Hans Jurgen Grimpe. So het hy eienaar geword van die plaas wat hy later Libertas genoem het. aka fak J.A.H

No comments: