2008/06/20

1687 : Junie 20 Geskiedenis Spoor Vandag: NOIK


H. Cruse oorlede
20 Junie 1687

Hieronymus Cruse, wat in 1630 op Bielefeld in Duitsland gebore is, is aan die Kaap oorlede. Hy het in 1660 as soldaat van die NOIK in die Kaap aangekom en verskeie ontdekkings- en veldtogte na die binneland onderneem: in 1663 saam met Jonas de la Guerre tot naby die Grootrivier, in 1668 na Mosselbaai en in 1673 in ‘n veldtog teen die Cochokwas. FAK

No comments: