2008/05/24

1951 : Mei 24 Geskiedenis Spoor Vandag : Woordeboek


Mei 24
1951
Eerste deel van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) verskyn


Dit was ‘n gebeurtenis van belang: die eerste vrug van ‘n arbeid wat prof. J.J. Smith van die Universiteit van Stellenbosch in 1926 aangepak het om die Afrikaanse taal middele te versamel en te verklaar as instrument vir die jong, pas erkende taal. Sedertdien het nog vyf dele by die Staatsdrukker in Pretoria verskyn, en is die wankele organisasie van die begin stewig gevestig op Stellenbosch as staatsonderneming onder die vleuels van die Universiteit. Die Woordeboek, gebaseer op optekeninge van die gebruik van Afrikaans, van streektaal tot vaktaal, bied ‘n skat van woorde en uitdrukkings na omvang, betekenis en gebruik, bewerk met die hulp van vakman en leek. Elkeen kan materiaal bydra en uit die versameling kundigheid put. Want die WAT is woorde- en vraagbaar. Aka fak F.J.S

No comments: