2008/05/30

1902 : Mei 30 Geskiedenis Spoor Vandag : Vrede tussen Boer en Brit. . . .


30 Mei 1902
Voorspel tot oorgawe 1902


Tussen 15 en 31 Mei 1902 is daar, na uitgebreide korrespondensie sedert Maart oor vrede tussen die strydende Boere- en Britse magte, en na onderlinge samesprekings by Kroonstad, Klerksdorp, Pretoria, Vereeniging en weer Pretoria en ook Vereeniging, tot vrede besluit. Dit was ‘n uitgerekte, netelige saak.

Van 29 Mei af is by Vereeniging finale helderheid begin kry. Die sittings is deurgaans met gebed geopen en gesluit. Verslae van die verskillende ondersoek groepe was byna almal ontvang en verklaar.

Op Vrydag 30 Mei was die einde werklik in sig. Pres. Steyn het die 29ste weens swak gesondheid as Vrystaatsse president bedank, en C.R. de Wet is in sy plek as waarnemer aangewys. Die hele dag is daar gepraat – deur J.C. Smuts, Louis Botha, J.B.M. Hertzog, J.H. de la Rey, J. Naude, kmdt. Chris van Niekerk, genl.. Chris Muller van Boksburg, en ander.

Almal het die allerhaglikste beeld van die vernietiging oral in die Republieke geskets. Wie aanhou veg, sal die boerevolk uitroei, want Brittanje se oogmerk was in ieder geval om die Afrikaner onherroeplik te breek – dit was min of meer die gang van elkeen se betoog. Europa sou hom beslis ook nie tot Boere voordeel inmeng nie. Verdere strydvoering sou die land finaal knak.

Die Britte het besef dat die Boere in elke opsig voor die groeiende oormag nie sou kan bly staan nie en sou desnoods nie weer ‘n geleentheid tot ‘n formele vredesluiting skep nie. Die Afrikaanse volk durf nie vir staatkundige vryheid prysgegee word nie, want dan sou die wortel vernietig wees waaruit ‘n nuwe Afrikanerdom kan groei. Aka fak M.J.S

No comments: