2008/05/01

1887 : 26 April Geskiedenis Spoor Vandag : Vroulike geneesheer


26 April
1887
Dr. Anna Petronella van Heerden gebore


Dr. Petronella van Heerden was ‘n pionier in die ware sin van die woord. Sy was die eerste Afrikanervrou wat as geneesheer gekwalifiseer het (Amsterdam 1915), as geneesheer in Suid-Afrika gepraktiseer het, en haar proefskrif (vir haar doktorsgraad in ginekologie in Amsterdam in 1922) in Afrikaans geskryf het. Sy was ook skryfster, onder ander van die bekende Kers snuitsels, en ‘n Afrikanervrou wat enduit die Afrikaner bygestaan en hoër help vorder het. Waar sy self uitgestyg het, moes haar volksgenote ook kom staan. Aka fak J.C.P

No comments: