2008/05/07

1880 : Mei 7 Geskiedenis Spoor Vandag : Vrystaatse driemanskap


Mei 7
1880
Die Tweetoringkerk, Bloemfontein, ingewy


Toe ds. Andrew Murray ongeveer ‘n jaar na die proklamering van die Oranjerivier-Soewereiniteit, ml. in 1849, tot predikant van Bloemfontein georden is, moes die ou skool geboutjie en later eerste raadsaal van die Vrystaatse Republiek ook as kerksaal dien. Drie jaar later is die eerste gebou ingewy wat die gemeente in sy eenvoud en nederigheid ‘n kwarteeu sou dien. Teen die sewentigerjare kon die kerkgebou nie langer die groeiende gemeente van die Vrystaatse hoofstad huisves nie en is dit in 1887 gesloop om vir ‘n sierlike nuwe kerkgebou plek te maak. Die beroemde baken en godshuis met twee torings het nou verrys. Op 7 Mei 1880 is dit luisterryk ingewy. In hierdie kerkgebou sou nie net hoog aangeskrewe predikante soos di. P.J.J. Boshoff, J.D. Kestell en C.R. Kotze die gemeente voorgaan nie, maar hier is ook drie Vrystaatse Staatspresidente, J.H. Brand, F.W. Reitz en M.T. Steyn, plegtig ingehuldig, terwyl die beroemde Vrystaatse driemanskap, Steyn die staatsman, De Wet, die krygsman, en Kestell, die godsman, al drie uit hierdie kerkgebou begrawe is. aka fak M.C.E.v.S

No comments: