2008/05/03

1859 : Mei 1 Geskiedenis Spoor Vandag : Krugerwildtuin


Mei 1
1859
Dr. W.J. Leyds gebore


Willem Johannes Leyds is in Java gebore. Hy was ‘n besonder skrander Nederlander, vir wie ‘n blink regsloopbaan voorspel is. Op een van Paul Kruger se besoeke aan Nederland het hy Leyds versoek om die pas geskepte pos van staatsprokureur in die Zuid-Afrikaansche Republiek te aanvaar. Aanvanklik teensinnig, aanvaar hy die betrekking vir drie jaar. Hy word pres. Kruger se regterhand en vertroueling en beklee in sy heelwat langer verblyf in die land onder meer die volgende ampte: staatsprokureur, staatsekretaris en buitengewone gesant van die ZAR in Europa. Hy het hom veral beywer vir die onafhanklikheid van die Republiek, maar het ook ander blywende monumente in Transvaal nagelaat. Hy was onder meer verantwoordelik vir die myn wette van die Republiek en die ontwikkeling van die spoorwegstelsel, en hy het saam met ander Transvaalse hooggeplaastes pres. Kruger oorreed om ‘n deel van Oos-Transvaal tot wildreservaat te verklaar. Dit vorm deel van die Krugerwildtuin. Leydsdorp is na hom genoem. Na die oorlog het hy teruggekeer na Nederland, hom aan die openbare lewe onttrek en hom daaraan gewy om die gebeurtenisse voor die oorlog en sy ondervindinge as gesant van die Republiek te boek te stel. Genl. J.C. Smuts het van hom gesê: “ . . . die grootste figuur in die Transvaalse geskiedenis na Kruger.” Aka fak A.P.v.R

No comments: