2008/05/16

1745 : Mei 16 Geskiedenis Spoor Vandag : Verset


Mei 16
1745
Adriaan van Jaarsveld gebore


Die Oos-Kaapse verset figuur, Adriaan van Jaarsveld, is op die plaas De Kromme Rivier in die distrik Piketberg gebore. Hy onderskei hom sedert 1771 as ‘n dapper krygsoffisier in die lang stryd teen die Boesmans en die Kôsas en tree na vore as ‘n leiersfiguur in die grensdistrikte. Van Jaarsveld vestig hom in 1785 in die nuwe distrik Graaff-Reinet, en in Februarie 1795 dwing hy en ander leidende burgers vir Maynier, wat as landdros ongewild was omdat hy ‘n beleid van swakheid teenoor die Kôsas volg, om te bedank. As voorsitter van die krygraad speel Van Jaarsveld ‘n belangrike rol in die nuwe burgerbestuur. Die verset van Graaf-Reinet teen die nuwe Britse bestuur (1795) het in 1799 tot openlike opstand oorgegaan toe Van Jaarsveld weens vervalsing gearresteer word. Die sogenaamde Van Jaarsveld-opstand word egter gou onderdruk en op 29 Junie 1801 sterf Van Jaarsveld as gevangene in die Kasteel, Kaapstad. H.O.T

No comments: