2008/05/26

1686 : Mei 26 Geskiedenis Spoor Vandag : Groot Constantia


26 Mei 1886
Johanna Wessels gedoop


Sy is waarskynlik die Kaap se vroegste bekende sangeres. In 1707 is sy met die uiters ongewilde seun van Simon van der Stel, Francois, getroud. Toe hy in 1708 saam met verskeie amptenare van die VOC uit die land verban is, het sy met haar dogtertjie van slegs vier weke oud, by haar moeder agtergebly en haar man se sake aan die Kaap behartig. Met haar skoonvader het sy op goeie voet verkeer, en sy het verskeie kere vir hom as gasvrou opgetree by onthale op Groot Constantia. Ds. Valentyn maak in sy reisbeskrywing hiervan melding. By een so ‘n geleentheid in Maart 1714 het sy vir die gaste gesing en het d. Valentyn lustig saamgesing. Ons weet ook dat sy musiekles aan die Kaap ontvang het. aka fak P.G.N

2 comments:

Anonymous said...

BAIE interessant...ek sal graag weer wil kom inloer!

RoosMaryn said...

Nikita jy is welkom om weer in te loer by 365 Spore. Hopelik kry jy elke dag ietsie nuuts hier. Ek kyk uit vir jou besoeke. Groete.