2008/04/20

1973 : 20 April Geskiedenis Spoor Vandag : Volk en Taal van Suid-Afrika


20 April
1973
Dr. S.P.E. Boshoff oorlede


Stephanus Petrus Erasmus Boshoff is op 14 Julie 1891 op Vaalbank, Senekal, gebore. As taalgeleerde en kultuurleier, het hy ‘n lewe van diens aan die Afrikanervolk en –kultuur gewy. Die lys van prestasies wat hy behaal het,, is indrukwekkende. In 1922 promoveer hy in Amsterdam met lof op ‘n proefskrif Volk en Taal van Suid-Afrika. Jare lank was hy hoogleraar in Afrikaans en Nederlands aan die universiteite van Potchefstroom en Kaapstad, Direkteur van Onderwys in Transvaal, akademiese hof van ‘n korrespondensiekollege en voorsitter of lid van tientalle rade en kommissies. Sy betrokkenheid by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, waarvan hy voorsitter sou word,, begin reeds in 1922 toe hy benoem word as lid van die Taalkommissie, ‘n taak waaraan hy hom ‘n halfeeu met nougesette ywer gewy het. In 1925 word hy deur die Akademie benoem as taaladviseur vir die Bybelvertaling, waarby hy jare lank pleit vir die eenvoudige, suiwere en funksionele gebruik van die Afrikaanse taal. Een van sy grootste prestasies was sy werk as direkteur van die Vaktaalburo van die Akademie. Ondertussen het daar talle van artikels uit sy pen verskyn, veral in die Tydskrif vir Wetenskap en Kuns. Sy bydrae tot die Afrikaanse kultuur is by verskeie geleenthede deur die Akademie bekroon, o.m. deur ‘n erepenning in 1932 vir dienste met die eerste amptelike Bybelvertaling in Afrikaans, deur die Stalsprys vir taalkundige bydraes in 1959 en weer eens in 1967 vir sy Afrikaanse Etimologieë, waarvan prof. G.S. Nienaber die mede-outeur is. In 1963 is die hoogste eerbewys van die Akademie aan hom toegeken, nl. Erelidmaatskap. aka fak J.C.P.

No comments: