2008/04/12

1856 : 12 April Geskiedenis Spoor Vandag : R. Gregorowski


1856
R. Gregorowski gebore

Reinhold Gregorowski is op Somerset-Oos gebore en is as regsgeleerde opgelei. Hy het aanvanklik in Kaapstad gepraktiseer, daarna regter in die OVS geword en van 1896 was hy regter van die Suid-Afrikaanse Republiek. In laasgenoemde hoedanigheid het hy na die mislukte Jameson inval die opsienbarende doodvonnis oor die leiers van die Reform Committee, Lionel Philips, John Hays, Frank Rhodes en George Farrar, uitgespreek. Die straf is later deur pres. Paul Kruger tot ‘n boete van £25 000 (ongeveer R50 000) elk versag. Die boete is deur niemand anders nie as Cecil John Rhodes, wat in Engeland van aandadigheid aan die komplot vrygespreek is, betaal. Gregorowski sterf op 19 November 1922 in ‘n ongeluk op Pretoria se spoorwegstasie. Aka fak P.H.K

No comments: