2008/04/03

1785: 3 April Geskiedenis Spoor Vandag : Dagboek-skryfster, Welsyn Werkster, Predikantsvrou: Christiana Louise Thom


1785
Mev. C.L. Thom gedoop


Christiana Louise Thom (gebore Meyer) het bekendheid verwerf as dagboek-skryfster, welsyn werkster en predikantsvrou. Sy het haar ouers vroeg verloor en by Reinier Beck grootgeword, waar sy ‘n goeie opvoeding geniet het en, behalwe die Protestantse kerkleer, ook verskeie tale bestudeer het. Na haar huwelik met ds. George Thom in 1814, het sy hom getrou in die gemeente van Tulbach bygestaan en veel gedoen om die lot van die slawe en heidene te verlig. Sy was diep godsdienstig en het ‘n dagboek gehou waarin die invloed van die Piëtisme duidelik blyk; dit is na haar dood deur haar man uitgegee. Sy is op die jeugdige ouderdom van 27 jaar oorlede. Aka fak P.G.N.

No comments: