2008/04/07

1652: 7 April Geskiedenis Spoor Vandag : Jan van Riebeeck Aan Wal


1652
Jan van Riebeeck stap aan wal

Hoewel Jan van Riebeeck self 6 April 1652 met sy aankoms in Tafelbaai as die geboortedag van die nedersetting aan die Kaap bestempel het, het hy eers die volgende dag aan wal gegaan om te kyk waar die geskikste plek vir die bou van ‘n fort sou wees. Aan land kom hulle twee Hottentotte teë. Met baie handgebare kon hulle met die inboorlinge kommunikeer. Nadat “den buijk met eeten ende drincken” gevul is, hoor van Riebeeck tot sy teleurstelling dat hulle maar net vissers is en dus nie vee kan verruil nie. Die Hottentotte van Saldanhabaai sal egter vee met die Hollander kan verruil. FAK

No comments: