1791
Goewerneur Van de Graaff Herroep
Here XVII Ontevrede Oor Groot Uitgawes
Vandag het goewerneur Van de Graaff ‘n brief van Here XVII ontvang waarin hy aangesê word om binne drie maande na ontvangs van die skrywe na Europa skeep te gaan, sodat hy rekenskap kan gee van die toestande aan die Kaap. Dat die onkoste gedurende sy bewind so geweldig gestyg het, maak Here XVII bitter ontevrede. Onder sy bewind was die uitgawes vier maal groter as tydens die regering van sy voorganger.
Die verdedigingswerk het gedurende die afgelope ses jaar meer as ‘n miljoen gulde gekos. Aan die nuwe hospitaal is, behalwe die slawe-arbeid, amper ‘n kwart miljoen gulde bestee, en nog is die gebou nie voltooi nie.
Die goewerneur se persoonlike uitgawes is ook veels te hoog. Here XVII het geen antwoord gekry op hul vraag hoekom hy ‘n nuwe koets moes koop nie. In sy stalle is daar meer as honderd perde, en vir sy persoonlike gebruik het die goewerneur ook baie goedere nodig waarvoor hy nooit betaal nie.
Aan al hierdie onnodige uitgawes sal nou paal en perk gestel word. Besuiniging word nou die wagwoord. Die werk aan die verdedigingswerke moet dadelik stopgesit word, die grootste deel van die garnisoen sal na Batavia verskeep moet word en die slawe van die Kompanjie sal tot 450 verminder word.
Soldate wat op militêre poste in die binneland is, sal teruggeroep word. Die skynwelvaart wat gedurende die afgelope tien jaar aan die Kaap geheers het, is nou op ‘n end. As die garnisoen kleiner is en die salarisse van die amptenare en die goewerneur word besnoei, sal die boere se mark ook weer krimp.
Na die vertrek van Goewerneur Van de Graaf sal die sekunde, Johan Isaak Rhenius, wat reeds amper vyf jaar in daardie hoedanigheid aan die Kaap werksaam is, tydelik as goewerneur waarneem.

1860
Nico Hofmeyr gebore
Nicolaas, Hofmeyr, die derde seun van prof. M.J. Hofmeyr, is op Stellenbosch gebore. Hy was aanvanklik predikant, later onderwysman en skrywer van veral skoolboeke. Hy het heelwat musiek werk gedoen, waarvan Afrikaners Landgenote en Afrikaanse Bruilofslied alombekend geraak het. Hy is op 20 November 1932 in die Strand oorlede aka fak A.C.H
Woorde: NICO HOFMEYR
Musiek: NICO HOFMEYR;
verwerk: G.G. CILLIÉ
Afrikaners, Landgenote, wees getrou aan Volk en Taal!
Aan julselwe, aan elkander, van die Kaap tot aan die Vaal;
van Oranje tot Sambesie, in Natal en in Transvaal.
Afrikaners, Landgenote, wees getrou aan Volk en Taal!
Afrikaanse Moeders, Dogters, Afrikaanse son en veld
is beroemd deur heel die wêreld, staan in boek en lied vermeld;
hul besiel met hoop en liefde, hoër, edeler dan geld,
Afrikaanse Moeders, Dogters, Afrikaanse son en veld!
Eenheid, Vryheid, Reg en Liefde in ons dierbaar Vaderland,
daarvoor stry ons, daarvoor ly ons almal same in ons land.
Eenheid, Vryheid, Reg en Liefde, daarvoor werk ons hand aan hand,
Eenheid, Vryheid, Reg en Liefde in ons dierbaar Vaderland!
1897
L.J. du Plessis gebore
Lodewicus Johannes du Plessis, akademikus en professor van groot formaat, was die grondlegger van veral die departement Staatsleer en departement (later uitgegroei tot die fakulteit) van Regsgeleerdheid aan die Potchefstroomse Universiteit vir CHO. Hy het die grondslae van die Christelike Staats- en Regsleer in Suid-Afrika gelê en het ook in die breë politieke en kultuurlewe invloed uitgeoefen en positiewe leiding gegee. Aka fak J.S.d.P
1901
Genl. De Wet trek die Kaapkolonie binne
Teen die einde van Januarie 1901 het genl. De Wet besluit om die Kaapkolonie vir die tweede keer binne te val, om sodoende alle gerugte dat die oorlog verby is, die nek in te slaan. De Wet, vergesel van pres. Steyn, begin sy tog by Doornberg, naby Winburg, op 26 Januarie 1901. Kitchener was vasbeslote om De Wet hierdie keer gevange te neem en organiseer die grootste van alle De Wet-jagtogte. Knox, Plumer en talle ander Britse bevelvoerders word gebruik om die Oranjerivier vanaf Norvalspont ooswaarts te beset. De Wet ontduik die Britte en gaan self weswaarts, waar hy op 12 Februarie by die drif aankom, moes hulle vasstel dat De Wet hulle weer eens verkul het. Van alle kante is Britse troepe gebring om hulle op De Wet toe te spits. Die gedenkwaardige Kaapse tog, wat vol skitterende moed en volharding was, het begin. De Wet kon nou nie die koers inslaan wat hy beplan het nie en moes voortdurend van rigting verander. Sy besondere krygsoordeel, -vernuf en –vermoë om in krisis situasies koel en bedaard te bly, is by uitstek beproef. Die elemente van die natuur was egter ‘n groot struikelblok in hierdie inval. ‘n groot droogte en sprinkaanplae het veroorsaak dat daar weinig gras vir die perde was. Geweldige reëns het gesorg dat die Oranje- en Caledonrivier in vloed was en het veld en vleie in modderpoele verander. Met veel ontbering is manskappe en perde verby Philipstown, Strydenburg, Hopetown en Petrusville. Telkens wanneer ‘n dorp ingeneem is, het die koloniale burgers, nieteenstaande krygswet, inligting aan die kommando verstrek en hulle van perde en voedsel voorsien. Sommige rebelle het dit ook gewaag om by die kommando aan te sluit. Knox het die verwoede jagtog voortgesit. De Wet het telkens die burgers met die beste perde posisie laat inneem om die agterhoede te dek. Op merkwaardige wyse is hulle, in die nag, deur Moddervlei, maar hulle word uiteindelik tussen die Oranje- en Brakrivier, wat in vloed was, vasgekeer. Op vernuftige wyse het De Wet weer eens sy teenstanders uitoorlê. Hy besef egter dat hy in hierdie omstandighede dit nie lank in die Kaapkolonie sal kan uithou nie en besluit om teen die einde van Februarie terug te gaan na die Vrystaat. Hoewel hierdie inval nie juis ‘n militêre sukses was nie, het De Wet ‘n strategiese sukses behaal. Groot was die verleentheid toe die Britse parlement op 14 Februarie 1901 open en dit bekend word dat De Wet en sy manskappe op Britse grondgebied gestaan het. aka fak M.v.H
1911
Pres M.T. Steyn se standpunt oor SA in ‘n Europese oorlog
In die brief aan J.X. Merriman skryf pres. M.T. Steyn dat hy bekommerd is daaroor dat Suid-Afrika dalk in ‘n Europese oorlog betrek kan word. Ander mense se rusies het immers niks met ons te doen nie, en die Unie moet nie onnodig ingesleep word nie, maar die land se verdediging sake moet nietemin gesond wees. Suid-Afrika moet byvoorbeeld nie tot die instandhouding van die Britse vloot bydra nie, maar sy eie weermag sake opknap. Aka fak M.J.S
No comments:
Post a Comment