2008/01/17

Januarie 17

1712
Susanna Bosman gebore


Die vroegste getuienis oor die invloed van piëtisme op die vrou aan die Kaap kom voor in die briewe van Susanna Bosman tussen die jare 1749 tot 1751, gerig aan ds. Theodorus van der Groe van Kralingen, Nederland. Sy geniet as dogter van die sieketrooster, Hermanus Bosman, ‘n godsdienstige opvoeding. Haar briewe is in ‘n geskriffie van haar suster, Elizabeth Bosman, opgeneem. Susanna het dit teen die sogenaamde dorre, verstandelike g6odsdiens en skryf dat daar aan die Kaap tekens van oplewing in die godsdiens is. Sy was bewus van die geestelike isolasie van die Kaapse koloniste en haar eie tekortkominge ten opsigte van geleerdheid. Haar briewe gee ‘n waardevolle beeld van die geestelike stroming wat aan die Kaap geheers het in ‘n tyd toe die piëtisme opgang gemaak het. aka fak prof. dr. P.G. Nell

1837
Slag by Mosega


Na die mislukte aanval op die Voortrekker laer by Vegkop heet die Matabeles, duisende stuks vee van die Trekkers weggevoer. Drie maande later het Hendrik Potgieter en Gerrit Maritz met ‘n strafekspedisie van 107 man, en gesteun deur ‘n aantal Basters en Barolongs, Silkaats op ‘n verrassende wyse in sy kraal by Mosega aan die Marikorivier oorval, duisend stuks vee gebuit en die Matabele verder noordwaarts verdryf. Aka fak prof. dr. M.C.E. Van Schoor

1852
Sandrivier-konvensie onderteken


Na die Industriële Revolusie het Engeland ‘n nywerheid staat geword wat hoofsaaklik in handel belang gestel het. Die Britse regering wou van alle onnodige verantwoordelikhede ontslae raak, en daar was ‘n kragtige beweging ten gunste van die prysgee van koloniale gebiede in Suider-Afrika. Gevolglik is gunstig gereageer op kmdt. -genl. A.W.J. Pretorius se versoek dat ‘n Britse kommissie aangestel word om die betrekkinge tussen Transvaal en die Britse assistant-kommissarisse, W.S. Hogge en C.M. Owen, het Pretorius en ‘n aantal Boere-afgevaardigdes by die Sandrivier ontmoet. Na onderhandelinge op 16 en 17 Januarie 1852 is ‘n traktaat sonder veel moeite opgestel en deur albei partye onderteken. Daarvolgens het Groot Brittanje die soewereine onafhanklikheid van Transvaal formeel erken en onder meer onderneem om geen verdrae met die inboorlingstamme ten noorde van die Vaalrivier te sluit nie. Die traktaat is in Transvaal met gemengde gevoelens ontvang, maar na ‘n VOLKSVERGADERING OP 16 Maart 1852 op Rustenburg het die besware mettertyd verdwyn en het die ooreenkoms die nodige goedkeuring ontvang. Deur die Sandrivier-konvensie is die grondslag vir die latere ZAR gelê. ‘n Klipstapel met ‘n bronsplaat daarop dui die plek aan waar die onderhandelinge plaasgevind het en die traktaat onderteken is. aka fak dr C.M. Bakkes


1895
Henning Klopper gebore


Henning Johannes Klopper, gebore in die distrik Heilbron, het hom op 13 Maart 1911 by die Spoorweë aangesluit en tot assistant-superintendent (bedryf) in Bloemfontein gevorder. Hy het die Spoorwegdiens op 7 Julie 1943 verlaat toe hy as LV vir Vredefort in die Vrystaat verkies is. Henning Klopper het seder 1914 in die Afrikaner se politieke en kultuurstryd gestaan. In 1930 het hy die eerste tak van die ATKV (SAS en H) op Volksrust gestig en deurgaans ‘n prominente rol in die kultuurvereniging vir Spoorwegamptenare gespeel. Sy grootste kultuurbydrae was sy leeue-aandeel in en leierskap van die Simboliese Ossewa trek in 1938. Waarna hy ook ‘n steunpilaar in die Reddingsdaadbond was. Hy was sedert die stigting van die Nasionale Party lid daarvan en het die kiesafdeling Vredefort van 1943 tot met sy uittrede uit die aktiewe politiek in die Volksraad verteenwoordig. Hierdie het hy ook as waardige leier na vore getree toe hy op 20 Januarie 1961 Speaker van die Volksraad word. Hy het in 1974 uit die aktiewe politiek getree. aka fak

No comments: