365 Spore Geskiedenis vir Elke Dag

Geskiedenis, Gister, Vandag en More sal jy 'n stukkie Geskiedenis uit die verlede hier opspoor. Want as ons nie die verlede onthou nie sal ons verplig wees om dit te herhaal. Daarom hierdie 365 Afrikaanse Geskiedkundige Spore. Een vir elke dag van die jaar.


2008/01/25

Posted by RoosMaryn at 1/25/2008 12:32:00 AM

No comments:

Post a Comment

Newer Post Older Post Home
View mobile version
Subscribe to: Post Comments (Atom)

Dankie Nikita - ook vir jou getroue besoekies hier.

Dankie Nikita - ook vir jou getroue besoekies hier.
Hierdie is die begin van ‘n nuwe dag.
God het aan my hierdie dag gegee
Om te gebruik soos ek wil.

Ek kan dit vermors of groei in sy lig
En tot diens wees van ander.
Maar wat ek met hierdie dag doen,

Is belangrik

Omdat ek ‘n dag van my lewe
daarvoor geruil het.
Wanneer more aanbreek,
Sal vandag vir ewig verlore wees.

Ek hoop dat ek nie die prys
wat ek daarvoor betaal het,
Sal berou nie.

- anoniem -

Skakels

  • Stof Af Die Solder Vir Nog Meer Geskiedenis
  • Vandag se Gedagte
  • My Thoughts
  • Nikita
  • Inspirasie
  • Muriel
  • Stap 'n Entjie Saam
  • Andre Rieu
  • Wikipedia Afrikaans
  • Die Knoop
  • Die Beeld
  • Die Volksblad
  • Die Groot Trek

Argief

07 Januarie 2008

Free Web Counter

07 Januarie 2008

South Africa's Top Sites

14 Januarie 2008

ZA TOP Sites

Vanaf 26 Maart 2008

Locations of visitors to this page
tracker
Blogged.com Blog Directory
GoogleRank.co.za

So Ietsie oor Myself

RoosMaryn
View my complete profile

BOERERATE

Gedurende die Groot Trek het die boere ook maar net soos ons vandag van tyd tot tyd met 'n kopvelprobleem genaamd skilfers gesukkel.

As teenmiddel vir skilfers was opgekookte ROOSMARYN gebruik.

Gebruikswaarde van Roosmaryn

Raad vir vlooie op diere:
Jy kan ‘n dip vir jou diere maak van kruie –
2 koppies stampvol vars roosmaryn;
1 lt. kookwater;
4 lt. warm water;

-

Maak ‘n infusie deur die kookwater oor die kruie te gooi en laat trek vir 30 min.
Gooi die vloeistof deur ‘n sif en voeg die warm water by.
Maak die dier se vel deurnat met die mengsel en laat lugdroog word.
Wanneer jy vlooie opmerk doen die behandeling.
Die behandeling sal so elke 3 – 4 dae herhaal moet word maar is heeltemal veilig vir die diere.

Wilde RoosMaryn

Wilde RoosMaryn

So lyk die RoosMaryn Plant

So lyk die RoosMaryn Plant
'N MENS HET EERS GOUD
DIE DAG
AS GOUD NIE MEER VIR JOU SAAK MAAK NIE

©

Kopiereg lê by die onderskeie outeure.
Verwys na http://365spore.blogspot.com/

So ietsie meer oor RoosMaryn

Roosmaryn is 'n altydgroen krui met dun, aromatiese donkergroen blare. Die plant dra perserige blomme in middel- en laat lente en soms ook tot in die somer. Roosmaryn is ideaal om op die rand van 'n bedding te plant. Dié krui is ryk aan vlugtige olies en fenoliënsuur, wat antiseptiese en anti-inflammatories eienskappe het.

Dele Gebruik:

Blare, blomme, olieVariante:
Pienk Roosmaryn (Rosemarinus officinalis pink)
Gewone Roosmaryn (Rosemarinus officinalis)
Wit RoosmarynToskaanse Roosmaryn
McDonnel se blou Roosmaryn
Rank-roosmaryn

Tuinmaak:

Die plante kan by kwekerye gekoop word. Na 3-4 jaar word plante egter oud en moet hulle vervang word. Steek 1.5-10cm lange steggies gedurende die somer in potte, wat gedurig klam gehou moet word. Plant roosmaryn in goed-gedreineerde grond en son. Die plant moet beskut word in baie koue weer. Roosmaryn verg nie baie aandag nie. Verwyder dooie lote in die vroeë lente. As plante te bosagtig raak, kan hulle gerus teruggesny word.

Oes van krui:

Die blare kan vars of gedroogd gebruik word. Indien dit vars gebruik word, knip hulle af soos benodig. Indien jy roosmaryn wil droog, knip heel stingels af en hang hulle in 'n koel en droë vertrek. Blare en blomme word in die lente en somer gepluk en bewerk vir olie, ekstrakte, en ander gebruike. Plant roosmaryn saam met Broccoli, Brusselse Spruite, Kool en Wortels, maar nie by Aartappels nie. In die kruietuin kan jy roosmaryn langs salie plant.

Gebruike:

Roosmaryn kan gebruik word vir die verligting van depressies, senuweeuitputting en hoofpyne, asook ekstern vir rumatiek, artritis en spierbeserings. Dit word baie gereeld as bestanddeel in sepe, sjampoes, rome en salwe aangewend. Vanwee roosmaryn se sterk reuk is dit ook baie gewild in kruie-rankskikkings, veral tydens blomtyd.

Roosmarynblare is redelik dik. Maak dus seker dat die blare fyn gesny word voor dit in kos gegooi word. Gewilde voorbeelde sluit in as geurmiddel vir 'n kalkoen-toebroodjie of as bestanddeel in die geuring van pluimvee, saam met sout, peper en meel. 'n Heel tak kan ook by kos gevoeg en dan, soos 'n Lourierblaar, net voor opdiening verwyder word.

Roosmaryn is ook gewild saam met lam- en beesvleis, vis, vulsel vir pluimvee, soppe, bredies, groente en marinades. Roosmaryn se geur kom die beste na vore as dit oor 'n lang periode in 'n dis gekook word. Roosmaryn saam met aartappel is ook heerlik, maar die roosmarynblare moet dan fyner gekap word. Olyfolie en roosmaryn is 'n gewilde soteermiddel vir eiervrug en tamaties. Roosmaryn word ook dikwels saam met sout en peper gebruik om pluimvee mee te geur. Kruie word al vir derduisende jare gebruik om kos te geur. Baie mense voel egter dat hulle nie genoeg kennis het om kruie op 'n gereelde basis te gebruik nie. Gebruik gerus die 'sout-reël': liewer te min as te veel. 'n Krui moet die dis komplimenteer en nie oorheers nie.

22 April 2007