Ek is ‘n Boer
En ek het my brood geëet
Soms droog
Soms met koffie
Soos net ons dit maak
(vroeg in die môre)
in Afrika
soos net ons hom ken
ek het tougelei
in die land se warm son
met sy sonbesies
sy kwêvoëls
sy warm lug
wat eindeloos blink lê
bo die mopanies
vroeg in die môre
in hierdie Afrika wat ek liefhet
en ek het saans huis toe gestap
moeg van buk
en kap
buk en kap
om land skoon te maak
en die son gaan rooi onder agter die Ysterberge
en vroegskemer klink alle geluide
harder intiemer nader
en die eerste vure brand al
alle skemeraande is weemoedig
in Afrika.
My hande is hard
So hard soos masjinerie
Niks maak my meer bevrees nie
Selfs my eie angs maak my nie meer bevrees nie
Want ek is so hard soos Afrika
So onvoorspelbaar soos Afrika
So meedoënloos soos Afrika
My Afrika
Van waar ek nêrens het om heen te gaan nie
En ek lag vir my vyande
Omdat ek weet
Omdat ek moet.
- Johan de Jager -
2009/03/09
2008/10/24
Kruisvlag 1874
1874
24 Oktober
Vierkleur deur die Kruisvlag vervang
Omdat staatspresident T.F. Burgers graag die sogenaamde Voortrekker vlag in ere wou herstel, het die volksraad van die ZAR op hierdie dag die bestaande landsvlag, die Vierkleur, deur ‘n nuwe vlag, die sogenaamde Kruisvlag, vervang.
Die Kruisvlag was naas die bekende Driekleur van die Natalse Voortrekkers, die vlag van die Voortrekkers onder leiding van A.H. Potgieter. Dit het bestaan uit ‘n oorhoekse rooi kruis op ‘n blou agtergrond. Pres. Burgers het, om heraldiese redes, ‘n wit streep ingevoeg ten einde die rooi kruis van die blou agtergrond te skei.
Op 10 Mei 1875 het die ZAR egter weer besluit om van die nuwe Kruisvlag af te sien en die Vierkleur weer in te stel. Die Kruisvlag sou egter as presidentsvlag beskou word, maar hiermee was pres. Burgers nie tevrede nie, en daar is volkome van die Kruisvlag afgesien.
Die rooi kruis op hierdie vlag het as die St. Andrieskruis bekend gestaan. Vandaar, so word beweer, die naam Andries straat in Pretoria.
Oorspronklik is dit baie beslis as St Andries straat deur landdros A.F. du Toit aangedui, maar met die jare het dit in die volksmond as slegs die Andries straat behoue gebly.

Rietfontein 1899
1899
Geveg te Rietfontein
Die onbesliste geveg tussen die Engelse en die Vrystaatse kommando’s in die ABO te Rietfontein op 24 Oktober 1899 het die bande tussen die ZAR en die Vrystaat verstewig.
Geveg te Rietfontein
Die onbesliste geveg tussen die Engelse en die Vrystaatse kommando’s in die ABO te Rietfontein op 24 Oktober 1899 het die bande tussen die ZAR en die Vrystaat verstewig.
2008/10/10
Paul Kruger 1825: 10 Oktober
PRES. PAUL KRUGER
Stephanus Johannes Paulus Kruger is waarskynlik op die Plaas Bulhoek, in die teenswoordige distrik Steynsburg, gebore. Hy het behoort aan die sesde geslag Kruger’s in Suid-Afrika en was die derde van sewe kinders van Casper Jan Hendrik Kruger en Elsie Francina Steyn. Hy het grootgeword in die veeleisende pioniers omstandighede van die Kaapse binneland, waar die stryd om selfbehoud gegaan het teen ondier, barbaar en die wisselvallighede van die natuurelemente.
Hy is opgevoed in die tradisionele Calvinistiese godsdiens van die Afrikaner met ‘n sterk Ou Testamentiese inslag, en hierdie godsdienssin met die Bybel as rigsnoer het van die kenmerkendste persoonlikheidstrekke in sy later lewe geword. In 1836 het sy ouers die Potgieter trek na die noorde gevolg, en Kruger het die wel en wee van die Trekkers bestaan as jong seun meegemaak. Reeds op jeugdige leeftyd was sy onverskrokkenheid, fisieke krag en uithouvermoë besonder opvallend, en spoedig het hy hom as ‘n gebore leier onderskei.
Op 17-jarige leeftyd was hy reeds veldkornet, en hy het aan verskeie ekspedisies teen opstandige Bantoestamme deelgeneem. Voor sy dertigste jaar was sy heldhaftigheid as krygsman reeds bekend, soos die keer toe hy die liggaam van kmdt.-genl. Piet Potgieter op 6 November 1854 by Makapansgrot gaan weghaal het.
Kruger was teenwoordig by die onderhandelinge wat gelei het tot die Sandrivier-konvensie in 1852, en die handhawing van die onafhanklikheid van die Transvaalse Republiek het daarna een van die grootste dryfvere in sy lewe geword. Hy was sterk bewus van die ondermynende krag van verdeeldheid onder sy eie mense en het deurgaans ‘n versoenende rol gespeel tussen die botsende groepe, soos in Maart 1852 tussen Pretorius en Potgieter by Rustenburg en die burger stryd van die jare sestig. Ofskoon iemand wat die orde in alle omstandighede probeer handhaaf het, sou hy nooit in stryd met sy eie beginsels en innerlike oortuiging kon optree nie. Gevolglik kon hy pres. Thomas Francois Burgers nie ten volle ondersteun nine en het die Volksraad hom op sy eie versoek in Mei 1873 van sy amp as kommandant-generaal onthef.
Kruger het die worstelstryd teen Britse heerskappy daadwerklik na die anneksasie van Transvaal in April 1877 met onwrikbaarheid aangeknoop en dit tot die einde gevoer. In hierdie tyd- eers deur deputasies en daarna in ‘n wapen stryd en die onderhandelinge wat die staking van vyandelikhede by Laingsnek in Maart 1881 gevolg het – het hy sterk as leier na vore getree. Die geslaagde beëindiging van die Transvaalse Vryheidsoorlog en die verkreë onafhanklikheid van Transvaal was in ‘n groot mate aan sy inspanning te danke. Op 9 Mei 1883 is hy vir die eerste keer as Staatspresident beëdig, ‘n amp wat hy tot met die ondergang van die ZAR beklee het.
Na die ontdekking van goud aan die Witwatersrand het die aanslae op die onafhanklikheid van die Republiek in felheid toegeneem, totdat dit met die stemregagistrasie van die uitlanders tot ‘n hoogtepunt gevoer is. Hierdie inmenging in die interne sake van die Republiek het Kruger met alles in sy vermoë teengestaan. Ondertussen het hy getrag om die Republiek ekonomies selfstandig te maak. Vandaar sy strewe na ‘n direkte spoorwegverbinding met Delagoabaai, ‘n Republikeinse muntstelsel en ‘n nasionale bank.
In 1897 is ‘n politieke verdrag met die Oranje-Vrystaat aangegaan, en die jaar daarop is dr. Leyds as gevolmagtigde gesant na Europa gestuur om die status van Transvaal te verhoog en bande met die buiteland te versterk.
‘n Militêre botsing met Brittanje was onvermydelik, en op 11 Oktober 1899 het die Engelse Oorlog uitgebreek, wat tot die vernietiging van die Boere-republieke gelei het. Toe dit duidelik word dat die oorlog sy einde nader en die Boererepublieke hulle onafhanklikheid sou verloor, is daar besluit om die ou President a die buiteland te stuur, enersyds om te voorkom dat hy in die hande van die vyand val en andersyds om aan hom geleentheid te gee om hulp vir die twee Republieke te soek.
Op ‘n skip, die Gelderland, wat deur koningin Wilhelmina van Nederland aan hom beskikbaar gestel is, vertrek hy op ‘n reis waarvan hy nooit lewend sou terugkeer nie. Hy sterf in selfopgelegde ballingskap op 15 Julie 1904 in Clarens, Switserland. Sy stoflike oorskot is gebalsem en per trein na Den Haag vervoer, waar daar op treffende wyse aan die nagedagtenis van die geliefde staatsman hulde gebring is. Van daar is die lyk per skip, die Batavier II, na Kaapstad vervoer en toe per trein na Pretoria. Duisende mense het langs die roete opgedaag om aan die ontslapene eer te bewys.
Op 16 Desember 1904 is hy langs sy vrou, wat hom drie jaar tevore ontval het, te ruste gele. Kruger het die simbool van ‘n vrye Afrikanerdom en die verpersoonliking van die republikeinse ideaal geword. Meer as enige ander Boereleier, was hy die inspirasie vir ‘n Afrikaner-nasionalisme, wat veral in die eerste dekade na sy dood sterk herleef het.
Hierdie belangrike verdienste van Kruger het daartoe aanleiding gegee dat ‘n openbare vakansiedag op sy geboortedatum ingestel is, waarop helde wat dieselfde beginsels as hy nagestreef het, of steeds nastreef, gehuldig word.

2008/10/04
Dankie
Aan almal wat my blog lees en almal wat eposte gestuur het om navraag te doen oor wat met 365Spore en Solder gebeur, baie dankie vir die belangstelling. Ek is reeds vir 'n geruime tyd ongesteld en moes in die hospitaal opgeneem word en is daarna tuis verpleeg. Ek is nou op die pad van herstel en hoop om so gou as moontlik weer tyd aan een van my groot liefdes (geskiedenis) te spandeer. Tot dan sal dit sekerlik nog maar stillerig hier rond wees en inskrywings beperk. Cassia is darem getrou op van die ander blogs en vir haar se ek ook baie dankie vir die hulp en ondersteuning, sy het al deel geword hulle. Nikita baie dankie vir jou belangstelling!! en al die beterskap wense van baie vriende wat ek in die kuberruimte leer ken het!!
2008/09/17
17 September 1819 : M.W. Pretorius gebore
Marthinus Wessel Pretorius is op Pretorius kloof, distrik Graaf-Reinet, as die oudste seun van A.W.J. (Andries) Pretorius gebore. As Voortrekker vergesel hy sy vader na Natal en neem hy ook aan die Slag by Bloedrivier deel. In 1848 vestig hy hom in die Magaliesberg, en in 1853 volg hy sy vader op as kommandant-generaal vir Potchefstroom en Rustenburg. Hoewel hy nie oor die leiers eienskappe van sy vader beskik nie, speel hy ‘n belangrike rol in die vroeë geskiedenis van Transvaal.
Deur sy toedoen is ‘n grondwet in 1856 opgestel, maar na vele onenigheid is hy eers in 1860 as Staatspresident van die ZAR beëdig. Intussen het hy op ondiplomatieke wyse die OVS by die ZAR probeer inlyf en byna burgeroorlog veroorsaak. In 1859 word hy ook tot Staatspresident van die OVS verkies, maar hy word verplig om sy Transvaalse amp neer te lê. Na vier jaar keer hy terug na die ZAR en word tot Staatspresident herkies.
In die Transvaal moes hy aan vele interne vraagstukke aandag gee, maar as gevolg van sy swak hantering van die Transvaalse aanspraak op die Diamantvelde en die verlies van die gebied, word hy in 1871 verplig om te bedank. Enkele jare het M.W. Pretorius uit die politieke gedrang verdwyn, maar met die Britse anneksasie van die ZAR in 1877 het hy as volksleier, onder ander met Paul Kruger en Piet Joubert, as lid van die Driemanskap, weer sterk na vore getree.
Na die Transvaalse Vryheidsoorlog (1880) tot 1881) het hy sy aandag aan sy boerdery op Potchefstroom gewy. Die laaste jare van die ZAR se bestaan word hy, waarskynlik ter erkenning vir sy diens aan die Republiek, tot waarnemende geskiedskrywer benoem. Daarvoor ontvang hy £300 (R600) per jaar. Hy het daarin geslaag om heelwat waardevolle stukke te versamel, maar vanweë die Engelse Oorlog het weinig daarvan bewaar gebly.
Op ‘n koue nag in Mei 1901 word hy deur twee Britse soldate uit sy slaap gewek en op die stoep van die woning ondervra. Hierdie twee uur lange ondervraging in die koue was vir die gestel van die 81-jarige oud-president te veel en nadat hy reeds die volgende dag siek geword het, sterf hy op 19 Mei 1901 op Potchefstroom aka fak HJvA
2008/09/16
16 September 1839 : Vlug van Mpande
Mpande, halfbroer van Dingaan, het ‘n beslissende rol ter onderwerping van die Zoeloemag in 1840 gespeel. Dit was weens vrees vir Dingaan dat hy ongeveer hierdie datum met 17 000 man en 25 stuks vee suidwaarts uit Zoeloeland oor die Tugela gevlug het.
In onderhandelinge met die Volksraad in Pietermaritzburg hierna, oortuig hy die op 15 Oktober 1839 van sy begeerte om in ‘n gesamentlike aanslag Dingaan te probeer verslaan.
‘n Ooreenkoms word gesluit waarvolgens hy in die Republiek Natalia mog woon totdat dit vir hom veilig sou wees om na Zoeloeland terug te keer. As bondgenoot en vriend van die Trekkers kon hy op hul beskerming reken.
‘n Regstreekse gevolg van die ooreenkoms was dat Mpande se veggeneraal, Nongalaza, op 30 Januarie 1840 Dingaan se krygsmag by die Maqonqokoppe suid van die Mkuzerivier verslaan het.
Daarna, op 10 Februarie 1840, het Andries Pretorius hom tot koning van die Zoeloes verklaar.
Die optrede dui op die Boere se bereidwilligheid om met swart leiers saam ate werk wat begerig was om orde te skep en ‘n vreedsame naasbestaan te help verseker. Dit het immers vir al die betrokke eenhede oor en weer voordeel ingehou. Aka fak AJvW
2008/09/15
15 September 1914 : Genl. J.H. de la Rey doodgeskiet
Op die dag reis genl. Jacobus Hercules (Koos) de la Rey en genl. C.F. Beyers per motor na Potchefstroom. Hulle was op pad na Kemp, bevelvoerder van die militêre kamp daar, wat gereed was om teen die Regering op te tree uit weerstand teen die Botha-regering se deelname aan die Eerste Wêreldoorlog. Genl. De la Rey sou egter nooit sy bestemming bereik nie. Die polisie het die hele Witwatersrand op soek na ene William Foster en sy berugte moordbende gefynkam. Die twee generaals word in Langlaagte, net wes van die Middestad van Johannesburg, deur die polisie gedaag. Hulle ry egter voort en die polisie skiet na die motor – ‘n skoot tref genl. De La Rey noodlottig in sy rug.
Vyf dae later is hy op Lichtenburg begrawe. Een van sy grootste oorlogs kamerade in die Engelse Oorlog, genl. C.R. de Wet, op wie genl.. De la Rey se tragiese dood diepe indruk gemaak het, het op die begrafnis gesê dat De la Rey “een van die dapperste van die dapperes, een van die getrouste onder die getroues” was Genl. De la Rey se onwrikbare Godsvertroue, vaderlandsliefde en geloof aan die volkswil het ‘n onuitwisbare stempel op die Afrikaner se vryheidstrewe gelaat.
Hy is op 22 Oktober 1847 op die plaas Doornfontein in die distrik Winburg gebore. Ondanks weinig formele onderwys was hy besonder skrander en bekwaam. Sy militêre leiers eienskappe het al op 19-jarige leeftyd in die Basoeto-oorlog van 1865 na vore gekom en in die Engelse Oorlog tot volheid ontplooi. Met die uitbreek van die oorlog het kmdt.-genl. Joubert hom aangestel as veggeneraal onder bevel van en ook as raadgewer vir genl.. P.A. Cronje in Wes-Transvaal.
Hy was ‘n uitmuntende strateeg, wat soms met genl.. Cronje verskil het. Sy grootste vegprestasie is dat hy die hele oorlog onoorwonne deurgeveg het as ruiter-generaal wat in die besonder welslae behaal het met sy beroemde stormjaagtaktiek. Die Leeu van Wes-Transvaal” soos hy bekend geword het, het as onoorwonnene deel gehad aan die vredesonderhandelinge en –ondertekening in 1902.
In 1908 was hy lid van die Transvaalse afvaardiging in die Nasionale Konvensie, wat die Unie van Suid-Afrika in 1910 tot stand gebring het. Hy was ook lid van die eerste Senaat. Genl. De la Rey het republikein gebly, en dit het hom in stryd met die regering gebring toe die besluit het om aan die Eerste Wêreldoorlog deel te neem. Hy was van mening dat die oorlog die kans gebied het om die verlore republikeinse vryheid en onafhanklikheid vir Suid-Afrika te herwin. FAK
2008/09/14
14 September 1795 : Kaap deur Engeland ingeneem
Na hulle maklike oorwinning by Muizenberg op 7 Augustus 1795, hoofsaaklik vanweë die lafhartige optrede van lt.-kol C.M.W. de Lille en ‘n aantal van sy gereelde soldate, het genl. J.H. Craig op 14 September 1795 die Kaap weer aangeval en dit sonder slag of stoot verower. Op 15 September is ‘n wapenstilstand met die oog op onderhandelings toegestaan, en op 16 September 1795 is ‘n ooreenkoms gesluit, wat onder meer die terugsending van die Nederlandse soldate, die behoud van die Vryburgers se regte, ensovoorts, bepaal het. Roemloos was die wyse waarop die Kaapse volksplanting in die hande van Brittanje oorgegaan het.
Brittanje het die strategiese en kulturele imperialistiese waarde van die Kaap as permanente Britse gebied ingesien. Daarom is die hele samelewing deeglik van Britse militêre mag. Britse seevaart en handel en Britse kultuur bewus gemaak. Dink maar aan die teaterlewe en lady Anne Barnard se deftige sosiale byeenkomste, die skending van die kapitulasie voorwaardes, die erns waarmee blanke burgerlike opstandigheid met geweld onderdruk is, die vestiging van perde wedrenklubs en van ‘n Britstalige eerste Kaapse koerant. Daarby is knaend gedagtes uitgespreek of proeflopies op talle terreine gedoen wat op Britse beheer van die Kaap in die toekoms gedui het.
Die Britse Sending ywer het dadelik ‘n politieke inslag verraai, en die Hollandse Kerk het bepaald sy leiers plek in die samelewing aangetas gesien. Basies was die Britse bewind ook meer oor die “lot” van die inboorlinge begaan as oor die ontwikkeling van die totale samelewing, en hiermee is ‘n inmengingsgeleentheid deur die Britte geskep wat tot vandag toe nie geëindig het nie. Kortom, toe die geringste onrus in 1805 weer in Europa die kop uitgesteek het, het Brittanje in Januarie 1806 die Kaap militêr verower, andersins onmiddellik opgetree en verandering ingevoer wat sy permanente beheer voorneme bewys het.
Met die Kongres van Wenen is die Kaap in 1815 amptelik aan Brittanje toegesê, en in 1820 het 4 000 Britse setlaars as Londense beleid van totale verowering van die Kaap hier geland.
Aka fak MJS
2008/09/13
13 September 1900 : Koningin Wilhelmina en Pres. Kruger
Koningin Wilhelmina van die Nederlande het die goedgesindheid van haar land teenoor die Boererepublieke gedemonstreer toe sy op 13 September 1900 gemagtig het dat die pantserskip Gelderland ter beskikking van Pres. Kruger en sy geselskap vir hul reis na Europa gestel word.
Op 20 Oktober het die Staatspresident in Delagoabaai aan boord van die Gelderland na Marseille vertrek. By sy aankoms in Den Haag het die voorsitters van albei Kamers van die Staten-Generaal op 7 Desember hom ‘n verwelkomingsadres aangebied, en die volgende dag het die Koningin die President ontvang. In haar briefwisseling met koningin Victoria het Wilhelmina haar beywer vir die beëindiging van die militêre optrede van Brittanje teen die Boererepublieke.
In 1901 het Abraham Kuyper eerste minister van Nederland geword, en sy indirekte bemiddeling het aanleiding gegee tot onderhandelinge wat later tot die Vrede van Vereeniging gelei het. In ‘n diplomatieke nota aan Brittanje het die Nederlandse regering aangebied om as bemiddelaar op te tree, ten einde die oorlog te beëindig. Die nota is, saam met die Britse antwoord daarop, aan lord Kitchener gestuur, wat dit op sy beurt sonder enige kommentaar aan waarnemende staatspresident S.W. Burger oorgemaak het.
Laasgenoemde het, met die oog op moontlike vredesonderhandelinge, met die Britse militêre aanvoerders in verbinding getree. Dit was die begin van die onderhandelinge wat tot vrede gelei het. Kuyper, wat in Nederland aan die spits gestaan het van die Pro-Boere beweging, se geskrif De Crisis in Zuid-Afrika (1900) het baie daartoe bygedra om mense in Europa beter in te lig oor die hele agtergrond van die gebeurtenisse in Suid-Afrika. Ook in die Nederlandse koerante van daardie tyd het reëlmatig artikels verskyn, onder meer van Charles Boissevain.
In twee ope briewe wat in die Handelsblad gepubliseer en aan die hertog van Devonshire en “an American Lady” gerig is, het hy ‘n hartstogtelike pleidooi gelewer vir die reg van die Boere. Ook Nederlandse digters soos Verwey en Van Eeden het in verse uiting gegee aan hul meegevoel met die stamverwante volk in die verre Suiderland. L. Penning, direk verbind met Suid-Afrika deur familiebande, het ‘n reeks boeke oor die Engelse Oorlog laat verskyn, waaronder De oorlog in Zuid-Afrika (1899 tot 1900) en Verdedigers en Verdrukkers den Afrikaansche Vrijheid (1902). Laasgenoemde werk, ryklik geïllustreer, het lewensketse bevat van verskeie Boerefigure en Britse bevelvoerders wat ‘n prominente rol in die oorlog gespeel het. Dit was egter verhale wat direk op die stryd betrekking gehad het soos De Leeuw van Modderspruit (1899), De held van Spionkop (1902) en De Verkenner van Christian de Wet (1902), wat veral die verbeelding van die Nederlandse jeug gepak het.
In 1899 het twee foto dokumentêre geskrifte van J. Kolstee verskyn, naamlik Transvaal-album en De Oorlog in Zuid-Africa, terwyl W. van Everdingen drie lywige dele van De Oorlog in Zuid-Afrika (1902, 1905, 1915) gepubliseer het. Kort na die oorlog het ‘n uitgebreide gedokumenteerde Gedenkboek van den Oorlog in Zuid-Afrika (1904) deur W.F. Andriessen, hoofredakteur van die goedgesinde De Telegraaf verskyn, waarin hy op ‘n objektiewe wyse aangetoon het wat daar in Nederland vir die Boererepublieke gedoen is. aka fak MH
2008/09/11
11 September 1965 : Genootskap van Rhodesiese Afrikaners (GRA) gestig
Die Afrikaanse Kultuur unie van Rhodesië (AKUR) het tientalle jare lank die Afrikaner se kultuurorganisasies en kerke in Rhodesië saamgesnoer. Met die laaste AKUR-kongres in 1963 is besluit om jaarliks ‘n volkskongres te hou en al meer klem is gelê op ‘n koördinerende liggaam waarby kultuurorganisasies kan affilieer, maar wat veral ook lede moes werf om die Rhodesiese Afrikaners op ‘n wyer vlak saam te snoer. Die gedagte het werklikheid geword toe die Genootskap van Rhodesiese Afrikaners (GRA) by die tweede volkskongres op 10 en 11 September 1965 met ‘n eenparige besluit tot stand gekom het. Die vernaamste doelstellinge van die GRA is die handhawing en die bevordering van die Afrikaanse taal, en die beskerming en uitbouing van ‘n eie Afrikaanse kultuur, gegrond op die Calvinistiese godsdiens en tradisies van die Afrikaner. Daar bestaan noue skakeling tussen die GRA en die FAK. FAK
11 September 1964 : Junior Rapportryersbeweging gestig
Die ontstaan van die Beweging is te danke aan wyle Hennie Roux, wat die rapportryer gedagte na die inwyding van die Voortrekkermonument in 1949 wou laat voortleef in sosiale klubs of korpse. In 1959 is in Pretoria die eerste Junior Rapportryerskorps gestig. Dit was egter eers op 11 September 1964 dat die Federasie van Junior Rapportryerskorpse tot stand gekom het. Deur die jare is stelselmatig wegbeweeg van die outonomie van korpse, en in 1978 het die federale karakter plek gemaak vir ‘n lede organisasie. Die doelstellings van die Junior Rapportryersbeweging kan as volg saamgevat word: Die handhawing, uitlewing en bevordering van die Afrikaanse kultuur; die bevordering van nadere kennismaking onder jong Afrikaners en ‘n samehorigheidsgevoel onder alle Afrikaners. Aangesien die Junior Rapportryersbeweging ‘n kulturele diensorganisasie is, word diens oor ‘n breë terrein gelewer, onder meer die reël van volksfeeste, fondsinsamelings veldtogte vir verdienstelike sake, ‘n debatkompetisie, jeugleier kursusse en kleuterkuns uitstallings. Lidmaatskap van die Beweging word op uitnodiging verleen aan alle blanke Afrikaanssprekende mans in die ouderdomsgroep 18 tot 35 jaar, wat die Grondwet van die Beweging onderskryf en hulle daarmee vereenselwig. FAK
11 September 1900 : Kruger - Na Lourenco Marques (Maputo)
Op 29 Mei 1900 het Paul Kruger in die ampswoning sy vrou, Gezina, vir die laaste keer gegroet. Dieselfde aand is hy per perdewa na Eerste Fabrieke, waar die trein na Oos-Transvaal gehaal is. Die geselskap wou moontlike onsmaaklikhede op die Pretoriase stasie vermy – daarom die reëling. Na ‘n kort verblyf op Machadodorp is Kruger na Waterval-Onder, want die koue klimaat het sy neerslagtigheid, verswakte oë en gesondheid verder aangetas. Teen vroeg-Junie het hy weer moed begin skep en sy burgers tot die stryd aangemoedig. In Augustus het hy en pres. Steyn by Waterval-Onder die verswakkende situasie bespreek. Digby Dalmanutha het Louis Botha ‘n laaste stelling geveg teen die Britte gevoer. Voortaan sou ‘n guerrilla-stryd word. Op 28 Augustus het Kruger en Steyn na Nelspruit verhuis, maar op 3 September het Kruger lord Roberts se proklamasie dat die ZAR Britse gebied is, volledig verwerp. Nogtans is besluit dat Kruger, wat oud was en swaar beweeg het, ter wille van die Boere-eer nie in die vyand se hande moet val nie. Daarby moes hy die Boeresaak in Europa gaan stel. Hy het dus nie gevlug nie, maar ‘n opdrag gaan uitvoer en ‘n oogoperasie ondergaan. By Hectorspruit het hy en Steyn mekaar gegroet. Op 11 September 1900 het Kruger by Komatipoort die grens na Lourenco Marques (Maputo) oorgesteek. Hy sou nooit weer op vaderlandse bodem loop nie. aka fak MJS
2008/09/10
10 September 1948 : Aankoms van Duitse oorlogs wesies in Pretoria
Drie en tagtig na-oorlogse Duitse wesies het op 8 September 1948 in Tafelbaai aangekom en op hierdie dag, in Pretoria. Die gedagte om na 1945 kinders uit Duitsland vir aanneming na Suid-Afrika te bring, het by mev. Nellie Liebenberg ontstaan. Dr. T.E.W. Schumann het die voorstel verder gevoer. Ander betrokkenes deur die jare was die sekretaris. Schalk Botha, dr. Chris Neethling, mnr. J.C. Combrink, dr. J.C. Kriek en dr. Vera Bührmann. In Duitsland was dit Wilhelm Käber. Die bedoeling was om geld in te samel en dan soveel en so gou as moontlik Duitse wesies na Suid-Afrika te bring, ten einde die ellende in Duitsland te verlig en om die Afrikanervolk se getalle te vermeerder. Die eerste vergadering het op 4 September 1945 plaasgevind, en hieruit is die Dietse Kinderfonds gebore. Die skema het pragtig gevorder, maar premier Jan Smuts het die plan al vertragende uiteindelik afgekeur. In September 1947 het die Kabinet dit egter toegelaat dat 100 wesies gebring word, en die Regering sou self die vervoerkoste dra. Maar daar was ongeveer 800 pleegouers en gevolglik moes streng gekeur word. Uit Duitsland self het weerstand ontstaan omdat die vernietigde land ook nog van sy kinders moes prysgee! Uit Schleswig-Holstein het 34, uit Hamburg 30, uit Niedersachsen 9 en uit Nordrhein-Westfalen 14 kinders gekom. Dit is 87 – vier het later per vliegtuig gekom en nie met die Winchester Castle gereis nie. Op 6 April 1963, dus na 15 jaar, is ‘n reünie in Pretoria gehou – die kinders was in 1948 hoofsaaklik tussen drie en agt jaar oud en is slegs by Afrikaner ouers geplaas. Eers op 11 November 1967 het die jongste kind mondig geword, en toe het die amptelike aanspreeklikheid van die Dietse Fonds teenoor die wesies geëindig. Van 83 aankomelinge is 62 in Pretoria en omgewing geplaas. Premier D.F. Malan het self ook ‘n dogtertjie aangeneem. Die Duitse weeskinders het in elke opsig die Afrikanerdom pragtig verryk. Die skema was volledig die moeite werd. Aka fak MJS
2008/09/09
9 September 1939 : Hereniging tussen dr. D.F. Malan en genl. J.B.M. Hertzog
‘n Warm gevoel van uitbundige vreugde en dankbaarheid het die Nasionale Afrikanerdom op hierdie dag uit alle uithoeke van ons land laat optrek na Monumentkoppie, waar ‘n gedenkteken vir die Voortrekkers aan die verrys was. “Hy het sy offer gebring,” het dr. D.F. Malan verklaar toe genl.. Hertzog, Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika, se mosie dat die Unie van Suid-Afrika neutraal bly in ‘n oorlog “wat nie ons s’n is nie” op Maandag 4 September in die Volksraad verwerp is. Genl. Smuts se teen mosie is aanvaar, en genl.. Hertzog het sy bedanking ingedien. En toe sy “segetog” per trein na die Noorde. Op elke stasie is hy ingewag deur juigende Afrikaners. In Johannesburg het dr. H.B. Stegman, skoonseun van Jan Celliers, Dinsdagoggend, 5 September, aan die FAK-sekretaris, mnr. I.M. Lombard, en sy hulpsekretaris, dr. P.J. Meyer, voorgestel dat ‘n groot saamtrek van Afrikaners by Monumentkoppie op Saterdagmiddag, 9 September 1939, gereël moet word waar dr. D.F. Malan, leier van die Herenigde Party, en genl.. J.B.M. Hertzog, geliefde leier van die Nasionale Party, voor samesmelting, mekaar die hand sal reik om die “hereniging van almal wat bymekaar hoort” in te lui. Reëlingskomitees is per telefoon en per boodskappers in alle dele van die land gestig, en by die tienduisende het dankbare, singende Afrikaners in die pad geval – Monumentkoppie toe. Totius het huiwerig ingewillig om ‘n “volksverklaring” op te stel en voor te lees, waardeur almal teenwoordig “met die opsteek van hul hande” uitdrukking sal gee aan hul wil en begeerte om as Afrikaners vorentoe saam te werk en saam te stry op die pad van Afrikaner-selfstandigwording. Dit het egter byna ‘n dekade geduur voordat hierdie onderneming sou uitloop op ‘n politieke sukses: die Nasionale verkiesingsoorwinning van 1948. Die FAK het ‘n paslike adres vir hierdie geleentheid laat druk, wat baie jare in duisende Afrikaners se huise vertoon is. aka fak PJM
2008/09/08
Die Stem van Suid-Afrika...
Gedig deur C.J. Langenhoven,
later getoonset deur M.L. de Villiers
Uit die blou van onse hemel,
uit die diepte van ons see,
Oor ons éwige gebergtes
waar die kranse antwoord gee,
Deur ons vér verlate vlaktes
met die kreun van ossewa –
Ruis die stem van ons geliefde,
van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem,
ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe –
ons vir jou, Suid-Afrika.
In die merg van ons gebeente,
in ons hart en siel en gees,
In ons roem op ons verlede,
in ons hoop op wat sal wees,
In ons wil en werk en wandel,
van ons wieg tot aan ons graf –
Deel geen ander land ons liefde,
trek geen ander trou ons af.
Vaderland! ons sal die adel
van jou naam met ere dra:
Waar en trou, as Afrikaners –
kinders van Suid-Afrika.
In die songloed van ons somer,
in ons winternag se kou,
In die lente van ons liefde,
in die lanfer van ons rou,
By die klink van huw'liksklokkies,
by die kluitklap op die kis –
Streel jou stem ons nooit verniet nie,
weet jy waar jou kinders is.
Op jou roep seg ons nooit nee nie,
seg ons altyd, altyd ja:
Om te lewe, om te sterwe –
ja ons kom, Suid-Afrika.
Op U Almag vas vertrouend
het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here,
om te handhaaf en te hou –
Dat die erwe van ons vaad're
vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste,
teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het,
leer ook ons vertrou, o Heer:
Met ons land en met ons nasie
sal dit wel wees, God regeer.
later getoonset deur M.L. de Villiers
Uit die blou van onse hemel,
uit die diepte van ons see,
Oor ons éwige gebergtes
waar die kranse antwoord gee,
Deur ons vér verlate vlaktes
met die kreun van ossewa –
Ruis die stem van ons geliefde,
van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem,
ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe –
ons vir jou, Suid-Afrika.
In die merg van ons gebeente,
in ons hart en siel en gees,
In ons roem op ons verlede,
in ons hoop op wat sal wees,
In ons wil en werk en wandel,
van ons wieg tot aan ons graf –
Deel geen ander land ons liefde,
trek geen ander trou ons af.
Vaderland! ons sal die adel
van jou naam met ere dra:
Waar en trou, as Afrikaners –
kinders van Suid-Afrika.
In die songloed van ons somer,
in ons winternag se kou,
In die lente van ons liefde,
in die lanfer van ons rou,
By die klink van huw'liksklokkies,
by die kluitklap op die kis –
Streel jou stem ons nooit verniet nie,
weet jy waar jou kinders is.
Op jou roep seg ons nooit nee nie,
seg ons altyd, altyd ja:
Om te lewe, om te sterwe –
ja ons kom, Suid-Afrika.
Op U Almag vas vertrouend
het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here,
om te handhaaf en te hou –
Dat die erwe van ons vaad're
vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste,
teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het,
leer ook ons vertrou, o Heer:
Met ons land en met ons nasie
sal dit wel wees, God regeer.
Subscribe to:
Posts (Atom)