Die beeld van Oom Paul
En droewig rys die gryse beeld as in
‘n Half-vergete droom weer by my op. –
Daar lê ‘n waas van weemoed om die kop,
Want as ‘n vader het hy ons bemin. –
Ver na die noorde staar sy trekkersblik,
Net of hy nou nog vryheidstemme hoor,
Net of sy oë deur donker skadu’s boor.
En tog berustend sê: “Laat God beskik!” –
En lugtig dans die bome in die wind,
Waar ook sy grafsuil wit spook in die maan.
Hoe kan ek hierdie windedans verstaan?
Hoe kan my siele daar nou troos in vind?
En ‘k kyk weer na Oom Paul. – ‘n Heerlik’ lig.
Straal van die hemel oor sy grys gesig!
J.R.L. van Bruggen
2009/09/15
Subscribe to:
Posts (Atom)